DIENSVOORWAARDES vir ONDERWYSERS.com
Deur die regmerkie te maak op ons aansluitings blad erken en aanvaar u AL die volgende Diensvoorwaardes.
A. Bladmeester (Webwerf Bestuurder)
Om oorweeg te word om van hierdie diens gebruik te maak, word daar van die Bladmeester verwag om akkurate, resente en volledige persoonlike en professionele inligting te verskaf in die aanlyn registrasievorm. Die Bladmeester onderneem ook om hierdie inligting by te hou en te verseker dat die inligting altyd akkuraat, resent en volledig is. Sou die Bladmeester inligting verskaf wat onakkuraat is, verouderd of onvolledig is of die of sy behoorlik gemagtigde verteenwoordiger het rede om te glo dat die inligting onakkuraat, verouderd of onvolledig is, het Onderwysers.com die reg om die rekening op te skort of te sluit en alle gebruik van die diens (of ‘n gedeelte daarvan) te weier. Die Bladmeester is alleen verantwoordelik vir die korrekte gebruik van die rekening insluitende die handhawing van die vertroulikheid van die wagwoord. Die rekening is nie oordraagbaar nie. Ongemagtigde gebruik van die rekening deur ‘n derde party word nie toegelaat nie en moet onmiddellik by die Web Administrateur aangemeld word.
B. Tipes Diens
Daar is verskeie Lidmaatskap opsies opsies: Gratis, Silwer en Goud. Meer inligting oor die komponente wat ondersteun word is beskikbaar op ons webwerf.
C. Skending van Beleid
Onderwysers.com sal onmiddelik alle toegang tot materiaal op die Web bediener opskort by kennisname van potensiële skending van Onderwysers.com se beleide en regulasies of skending van ‘n wet of die skending van enige ander persoon se regte. Enige sodanige opskorting sal van toepassing wees op al die bladsye van die geregistreerde entiteit ten minste totdat ondersoekers bepaal het wat se verdere stappe geneem sal word. Onderwysers.com behou hom die uitdruklike reg voor (vir bedryfsdoeleindes of indien deur wetgewing vereis) –
om ‘n Gebruiker (Noemnaam, Naam, Van, Username ens.) se gebruik van die elektroniese kommunikasiefasiliteite te hersien en, waar nodig, te beperk of op te skort indien die Gebruiker nie die bepalings van die Diensvoorwaardes nakom nie;
Die Gebruiker sal nie die Onderwysers.com gebruik vir die skep, versending of stoor van inhoud wat beskou mag word as beledigend, onderbrekend (disruptive), aanstootlik of wat kan lei tot die skending van vertroulikheid nie;
op enige wyse wat inbreuk maak op ‘n ander persoon se natuurlike of wetlike intellektuele eiendomsreg (bv kopiereg) nie;
vir die skending van die voorwaardes van enige toepaslike telekommunikasielisensie of enige wet wat datavloei oor landsgrense reguleer nie (bv. wetgewing ten opsigte van data beskerming, privaatheid, vertroulikheid en sekuriteit) nie;
om onwettig toegang te bewerkstellig of te probeer bewerkstellig na die rekenaarnetwerk of netwerksekuriteitsstelsel van enige organisasie of enige ander stelsel of om ongemagtigde toegang te bewerkstellig of te probeer bewerkstellig na enige ander persoon se rekenaar, e-pos of spraakposfasilliteite- of toerusting;
vir die skending of poging tot skending van enige ander wet, voorskrif of voorsiening nie;
vir die bedryf van ‘n privaat kommersiële onderneming nie; of
vir die beskikbaarmaking of storing van enige lasterlike of diskriminerende materiaal nie.
Aktiwiteite wat deur hierdie Diensvoorwaardes verbied word sluit die volgende in maar is nie beperk daartoe nie:
Skending van Kopiereg
Verspreiding van pornografiese materiaal wat ‘n oortreding is van enige wet van die Republiek van Suid-Afrika of wat strydig is met enige regulasie van Onderwysers.com of enige geassosieerde diens.
Programmatuur diewery (Software piracy)
Kommersiële gebruik van Onderwysers.com se hulpbronne
Rapporteer enige skending van die Diensvoorwaardes aan die Web Administrateur.
D. Privaatheid
Onderwysers.com onderneem om nie enige ongevraagde inligting, insluitende e-pos, aan te stuur nie behalwe in gevalle soos vervolgens aangedui.
Nuwe Bladmeesters al ‘n e-pos ter verwelkoming ontvang waarin die eienskappe van die diens uiteengesit word. Onder dringende omstandighede mag dit nodig wees dat Onderwysers.com inligting aanstuur rondom die diens of u rekening. Onderwysers.com sal nooit enige ongevraagde e-pos stuur met ‘n kommersiële of adverteringsdoelwit nie, behalwe wanneer die diens wat beskikbaar gemaak word goedgekeur is deur die Bladmeester.
E. Vrywaring
U stem in tot die vrywaring en die skadeloosstelling van Onderwysers.com en sy filiale (vennote), amptenare, agente en werknemers van enige eis of aanskrywing, insluitende redelike prokureursfooie, wat deur enige derde party gemaak word as gevolg van of wat voortspruit uit u Inhoud op die Web bediener, u gebruik van die Diens, u verbinding aan die Diens, u skending van die Diensvoorwaardes of die skending van enige reg van enige ander persoon of entiteit.
F. Geen Herverkoop van Diens (behalwe as u 'n goedgekeurde en geregistreede herverkoper is)
U onderneem om nie enige deel van die Diens, gebruik van die Diens of toegang tot die Diens anders as waarvoor daar voorsien word in hierdie terme en voorwaardes te herverkoop of uit te buit nie.
G. Koppels (skakels)
Hierdie Diens of derde partye mag koppels na ander werwe op die World Wide Web of ander bronne voorsien. Omdat Onderwysers.com geen beheer het oor sulke werwe en bronne nie, erken u hiermee dat Onderwysers.com nie verantwoordelik is vir die beskikbaarheid van sulke eksterne werwe of bronne nie en ook dat Onderwysers.com nie die inhoud, advertering, produkte of ander materiaal wat op of via sulke werwe of bronne beskikbaar is, endosseer of verantwoordelikheid of aanspreeklikheid daarvoor aanvaar nie. U erken verder en stem ooreen dat Onderwysers.com nie verantwoordelik of aanspreeklik, direk of indirek, is vir enige skade of verlies wat veroorsaak is of vermoedelik veroorsaak is deur of as gevolg van die gebruik van of as gevolg van die vertroue op enige sodanige Inhoud, goedere of dienste wat deur enige sodanige werf of bron beskikbaar gestel word nie.
H. Ontkenning van Volmagte (Disclaimer of Warranties)
U VERSTAAN EN STEM UITDRUKLIK TOE DAT:
U GEBRUIK VAN DIE DIENS OP EIE RISIKO IS. DIE DIENS WORD VOORSIEN OP “SOOS IS" EN "SOOS BESKIKBAAR" BASIS. Onderwysers.com ONTKEN UITDRUKLIK ALLE VOLMAGTE VAN ENIGE AARD, HETSY UITDRUKLIK OF GEÏMPLISEER INSLUITENDE, MAAR NIE BEPERK TOT, DIE GEÏMPLISEERDE VOLMAGTE VAN VERKOOPBAARHEID, GESKIKTHEID VIR ‘N BEPAALDE DOEL EN NIE-SKENDING (NON-INFRINGEMENT).
ENIGE MATERIAAL WAT AFGELAAI OF OP ‘N ANDER WYSE VERKRY WORD DEUR MIDDEL VAN HIERDIE DIENS GEDOEN WORD IN EIE DISKRESIE EN OP EIE RISIKO. U SAL ALLEEN VERANTWOORDELIK WEES VIR ENIGE SKADE AAN DIE REKENAARSTELSEL OF VERLIES VAN DATA VAN Onderwysers.com WAT VEROORSAAK IS DEUR DIE AFLAAI VAN SULKE MATERIAAL.
GEEN ADVIES OF INLIGTING, HETSY MONDELINGS OF GESKREWE, WAT DEUR U VAN Onderwysers.com OF VAN OF VIA HIERDIE DIENS VERKY IS, ENIGE VOLMAG SAL VESTIG WAT NIE UITDRUKLIK OPGENEEM IS IN DIE DIENSVOORWAARDES NIE.
I. Beperking van Aanspreeklikheid
U VERSTAAN EN STEM UITDRUKLIK TOE DAT Onderwysers.com NIE AANSPREEKLIK IS VIR ENIGE DIREKTE, INDIREKTE, TOEVALLIGE, SPESIALE, GEVOLGLIKE OF BESTRAFFENDE (EXEMPLARY) SKADE, INSLUITENDE MAAR NIE BEPERK NIE TOT SKADE VIR VERLIES AAN PROFYT, WELWILLENDHEID, GEBRUIK, DATA OF ANDER TASBARE VERLIESE (SELFS INDIEN Onderwysers.com INGELIG IS VAN DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE VERLIESE) WAT ONSTAAN AS GEVOLG VAN:
DIE GEBRUIK VAN DIE DIENS OF DIE ONVERMOË OM DIE DIENS TE GEBRUIK NIE;
DIE KOSTE VAN DIE VERKRYGING VAN PLAASVERVANGENDE GOEDERE EN DIENSTE WAT VOORTVLOEI VANUIT ENIGE GOEDERE, DATA, INLIGTING OF DIENSTE WAT GEKOOP OF VERKRY OF BOODSKAPPE ONTVANG OF TRANSAKSIES INGEVOER IN, DEUR OF VANAF DIE DIENS NIE;
ONGEMAGTIGE TOEGANG TOT OF VERANDERINGS AAN U TRANSMISSIES OF DATA NIE;
UITSPRAKE OF OPTREDES VAN EINGES DERDE PARTY TEN OPSIGTE VAN DIE DIENS NIE; OF
ENIGE ANDER SAAK VERWANT AAN HIERDIE DIENS NIE.
J. Spesiale Vermaning Vir Dienste verwant aan Finansiële Sake
Indien u beplan om enige diens te vestig of om by enige diens aan te sluit, enige nuus, boodskappe, waarskuwings (alerts) of ander inligting te ontvang of te versoek van die Diens rondom maatskappye, aandelekwotasies, beleggings of sekuriteite, lees asseblief weer Seksies hierbo. Hierdie seksies is uitnemend van toepassing op u. Meer nog, vir hierdie tipe inligting is die frase "Let the investor beware" grootliks van toepassing. Die Diens word bedoel vir inligtingsdoeleindes alleen, en geen Inhoud wat ingesluit word by die Diens word bedoel om gebruik te word vir ondersteuning tydens verhandelings of beleggings nie. Onderwysers.com sal nie verantwoordelik of aanspreeklik wees vir die akkuraatheid, bruikbaarheid of beskikbaarheid van enige inligting wat versend word via die Diens nie en sal nie verantwoordelik of aanspreeklik wees vir enige verhandelings- of beleggingsbesluite wat baseer word op sulke inligting nie.
K. Algemene Inligting
Die Diensvoorwaardes vorm die totale ooreenkoms tussen u en Onderwysers.com en reguleer u gebruik van die Diens. Dit vervang enige vorige ooreenkomste tussen u en Onderwysers.com (insluitende maar nie beperk tot enige vorige weergawes van die DIENSVOORWAARDES nie). U mag onderworpe wees aan bykomende terme en voorwaardes wat van toepassing mag wees indien u gebruik maak van geaffilieerde of ander dienste van Onderwysers.com, derde party inhoud of derde party progammatuur. Die Diensvoorwaardes en die verhouding tussen u en Onderwysers.comh sal gereguleer word deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika sonder inagneming van sy konflik van wetsvoorsienings. U en Onderwysers.com stem mee tot onderwerping aan die persoonlike en uitsluitlike jurisdiksie van die howe binne die Republiek van Suid-Afrika. Die feit dat Onderwysers.com nie sy bepaalde reg of voorsiening soos vervat in die Diensvoorwaardes uitoefen of afdwing nie, verteenwoordig nie ‘n afstanddoening van sodanige reg of voorsiening nie. Indien daar deur enige hof met bekwame jurisdiksie bevind word dat enige van die bepalings van die Diensvoorwaardes ongeldig is, kom die partye nietemin ooreen dat die hof moet poog om uitvoering te gee aan die partye se intensie soos wat dit gereflekteer word in die voorsiening. Al die ander voorsienings van die Diensvoorwaardes bly volledig van krag.
L. Veranderings aan die Terme en Voordwaardes
Onderwysers.com behou hom die reg voor om enige afdeling van die Diensvoorwaardes (insluitende die Tariefskedule) te verander sonder enige vooraf toestemming, maar onderneem om die Bladmeester per e–pos in kennis te stel asook om ‘n opgedateerde weergawe van die Diensvoorwaardes te plaas op http://www.onderwysers.com.
|