Onderwysers.com

Wie is ons

Onderwysers.com (En nou ook Onderwysers.co.za) word deur Lourens Breytenbach besit en bestuur. Kontak Lourens.

Onderwysers.com is in 2008 deur Lourens Breytenbach geskep. Hier's die storie:

Die idee vir Onderwysers.com het ontstaan toe ek ontdek het dat die webnaam nog nie deur enige-iemand gekoop is nie.

Hoe is dit dan dat daar honderde en duisende Afrikaanse onderwysers op aarde is wat hulle agter-ente af werk, en niemand begin 'n website waar ons kan saamwerk om mekaar te help nie? (Meer en meer blaaie sien nou die lig, so dalk moet ek nou my woorde terugtrek?)

Lourens en sy leerders by Wrenn School in Wellingborough, Engeland.

My naam is Lourens Breytenbach, en ek is 'n onderwyser. Ek spesialiseer in Wiskunde, Engels en LO, maar het ook al ander vakke soos NS en Geskiedenis aangebied. 'n Mens moet mos maar ' "Jack of all trades" wees as jy 'n onnie is!

Ek het tot Augustus 2008 in Engeland skoolgehou, maar werk nou weer voltyds in sonnige Suid-Afrika by Hoërskool Roodepoort aan die Wes Rand (naby Johannesburg), en dis my missie met hierdie webwerf om 'n professionele, dog informele forum te skep waar ouers, onderwysers, leerders en skoolbestuurders mekaar kan skakel. Die idee is om ons werk minder, ons skole beter en ons loopbane meer suksesvol te maak.

Onderwysers.com is 'n oop boek wat jy moet help skryf. Sluit vandag aan en raak betrokke!

Ons is stadig maar seker besig om hierdie medium op te bou ... so ons benodig idee's en voorstelle. Dankie!



Sluit Aan | Privaatheid | Diensvoorwaardes | Epos Witlys
Kopiereg © 2008 Onderwysers.com. Alle regte voorbehou.
Die Onderwysers.com webwerf gebruik MemberSpeed.com tegnologie.